Ons is 'n gemeente met 'n hart vir kinders, gesinne en die gemeenskap, hier plaaslik, regoor ons land asook internasionaal. Ons nooi u uit om ons te besoek en indien u só gelei voel, om by die gemeente in te skakel! Meer inligting hier.
Die wonder van die evangelie is dat die Here Jesus Christus in ons plek aan die kruis gesterf het.
Dit beteken dat Hy die straf op my sonde gedra het, my skuld vereffen het, my dood gesterf het en in my plek gely het. (2Kor. 5:21).
Christus se dood was dus 'n plaasvervangende dood in die sin dat Een vir almal gesterf het (2 Kor. 5:15), die Onskuldige vir die skuldiges om ons na God te bring! (1 Petrus 3:18). ”Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede aanbring, was op Hom en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (Jesaja 53: 5).
Christus het as ons Substituut en Middelaar ons voor God gaan verteenwoordig en ons sonde in sy liggaam aan die kruishout gedra (1 Petrus 2:24). Kom ons prys Hom sonder ophou vir sy plaasbekleding!
Ds. Francois Preiss.
Behoudens foute en weglatings